Charmed's Blog

My Digital Life editor. www.nafisa.co.za http://twitter.com/nafisa1
Jul 04
2007

Boodskap aan Misdadigers

Posted by survivor_x in Untagged 

survivor_x
 
'n Gewapende roof het omstreeks 11:05  Maandag 2 Julie in Wierdepark by 'n klein seepwinkeltjie plaas gevind.
 
Ek was besig om by Gecko Computors in Wierdapark in te loer toe ons 'n verskriklikke geskree hoor.  My eerste gedagte was dat iemand dalk dood is.  Die eienaar, Mnr Jaco Neveling, het saam met my en almal wat dit gehoor het by die winkels uitgestorm en ons het 'n swart man sien weg hardloop.  Die vrou wat so geskree het het aan hou skree: "Hy het my geld!  Hy het my geld!"
 
Mnr Neveling en Hennie, sy winkel assistent, het agter die vermeende rower aangehardloop.  Teen die tyd het die hoeveelheid mense op die sypadjies gegroei.  'n Man wat agter die stuurwiel van sy motor gesit het, het onmiddellik gereageer en ook agter die rower en Mnr Neveling aan gejaag.  Saam kon hulle die rower vastrek en hom terugbring na die winkel wat hy geroof het.  Die SAP was amper onmiddelik op die toneel en het gehelp met die arrestasie.  Intussen het Hennie die mes waarmee die rower die rooftog uitgevoer het ook ontdek.  Die rower het nog die geld in sy sak gehad. 
 
Die winkeleienaar en slagoffer van die rooftog, Mev Jackie Schroebel, se sy het vir die rower gevra om nie haar geld te vat nie, maar hy was determineerd.  Die feit dat daar so min geld in die til was het die rower net meer ontstel en hy wou haar met 'n mes steek.  Gelukkig het hy paniek bevange geraak en net die geld gevat wat daar was en weg gehardloop.  Mev Schroebel se die oomblik toe die rower uit die winkel is, het sy besef dat as hy wegkom, hy moontlik net weer dieselfde met iemand anders gaan probeer.  Sy was erg getraumatiseerd na die voorval.  Ander winkel eienaars het haar ondersteun, en moed ingepraat.  Haar man het haar na die afle van die verklaring huistoe geneem. 
 
Almal het saam gestaan.  Winkel eienaars in die omgewing  is gatvol vir die misdaad en rooftogte in die omgewing.  Misdadigers voer 'n skrikbewind maar die aankeer van die rower was 'n publieke toonstelling dat 'n gemmenskap kan saamstaan.  En so maak ons Wierdapark veiliger - een misdadiger op 'n slag!
 
Jun 28
2007

It is all (amusingly) in a days work.

Posted by survivor_x in Untagged 

survivor_x

I have been working in a call cente for the past nine months, and although it is not my dream job it has it's advantages.  Most off the calls are general information calls where standard procedures are followed, but sometimes there is the odd call that leave you either completely speechless, in peaces or wet!