Kalmte met 'n kwas

Posted by Verlorehart
Verlorehart
Verlorehart has not set their biography yet
User is currently offline
on Wednesday, 16 January 2008
in Digital Blogs

Ek was vandag baie ontsteld. Soos julle seker kon sien. Ek was ook vreeslik verveeld met al die emosies wat nog hoog gehardloop het. En ek besluit toe om so biekie son te kry.



Met een skud vlieg die handoek oop en val netjies op die stoep oop, maak oop my boek en sit my sonbrille aand. Dis so boek wat ek net sommer die digste en met die beste title gevind het, by die biblioteek net gegryp en uitgeneem het. Inelgeval soos wat ek begin lees voel ek hoe bak die son op my vel en maak nie hoe verlee ek mag dalk gevoel het nie, was ek nogal kalm. Ewe rustig le ek maar so half uur in die son, nie te lank nie want is juis rooi gebrand oor die vorige dag se strand uitstappie saam my vriend. Na die half uur sien ek weer ek het niks om te doen nie en het belangstelling in die boek verloor. En besluit toe om weer voor my rekenaar te gaan sit. Maar maak nie saak wat ek doen nie bly ek nog ontsteld oor die more se gebeurtenisse. Ongelukkig vir my kom ek van 'n familie wat kwaaigeid en sarcasme in hulle bloed het. En so duur dit so voort tot ek onthou van die lee kanvas wat ek al so lank spaar, vir 'n tyd wat ek gevoel het ek wil graag iets daarop skilder.



Kyk in die kas en haal die goedjies uit 'n ou handsak uit sit koerant op die mat neer. En sit dit kanvas en kwassies alamal reg vir aksie. Voor ek begin besluit ek soos alle dinge as ek iets goeds wil doen kort ek so biekie goeie musiek in die agtergrond. En sit te vir Theuns Jordaan op. Ek is mal oor sy stories en die meisie wat hy al ewig lyk my na soek. Ek gaan sit op die vloer en weet nie regtig wat ek op die stuk oorgetrekte raam verf nie. Maar ek se toe vir myself dat daar niks anders is wat ek nou kan doen nie. En ek tel op my kwas en toe ek my sien kom klaar voel dit asof die hele wereld besig is om van my skourser af te klim. Elke streel van die kwas laai daar nog vragte af en ek verdwaal in sy 'sweet sweet woorde' soos wat ek sy naam skilder. toe dit so begin donker raak. En die lig vaker. Besluit ek toe dat ek dit vir vanaand 'n rus sal gee. En nie iets wat baie goed uitgekom het sal aframmel net om klaar te kry nie.



Verf het ek gesien bring die beste in my uit, al is ek nou nie vir jou 'n picaso nie. Is ek wel vanaand gerus in my gemoed...

Tags: Untagged

Comments

Guest
Bloubulheks Thursday, 17 January 2008

Mooi so kind

Please login first in order for you to submit comments