platteland gees

Posted by bobbejaan
bobbejaan
bobbejaan has not set their biography yet
User is currently offline
on Tuesday, 15 May 2007
in Digital Blogs

ek was saterdag huis toe sodat ek moedersdag vi my ma kon koffie in die bed gee. ek bly in 'n klein dorpie nie te ver van stellenbosch af nie.

toe ek saterdag by die huis kom toe gee ek vir my ma haar eerste moedersdagpresent, 'n helse bondel wasgoed. maar in elk geval ons kyk toe die rugby sommer by die huis en dit was pragtig!!! ek kan nie wag vir die final nie. my meisie het by ons kom eet want haar pa en ma was by 'n troue, ons het 'n snoek gebraai.

toe ons nou klaar gebraai is besluit ek en my meisie om bietjie na die local bar toe te gaan (ons het twee op die dorp). ons kom by die bar aan en soos ons instap groet ons almal, want almal ken mekaar. die barman vra of ek die gewone sal vat en ek sê dis reg so. terwyl hy my dop skink vra hy hoe dit met my toetse gegaan het en ek sê nie te kak nie. die plek is nie oorvol nie en die musiek is nie te hard nie en ek sit by die bar en gesels met 'n klomp ou pelle. as iemand dit oordoen en nie in 'n toestand is om te bestuur nie is daar altyd iemand anders wat hom sal huis toe vat, want ons gee om. ek weet nie of ek begin oud raak nie (dis definitief te vroeg daarvoor), maar ek verkies dit mos bo die oorvol NuBar of Cancune in Stellenbosch of waar ookal waar mens so moet skree om vir iemand iets te sê dat jy die volgende dag met 'n hees stem rondloop. as jy by ons met 'n hees stem wakkerword weet jy dis omdat jy al die vorige dag net na middagete by die dam begin drink het en nog die aand tot wie weet watter tyd in die bar gesit het, dan mag mens maar 'n hees stem he, dan het jy dit darem verdien.

is dit net ek wat so voel?

eks jammer vir die mense wat in 'n stad, of selfs 'n groot dorp, grootword en nooit die plattelandse gees ervaar nie.

Tags: Untagged

Comments

Guest
OS GIKEN Tuesday, 15 May 2007

Ja, bobe-aap- ek\'s van kimberley en almal in die Kaap dink dis \'n groot bol stront. Hul weet niks van rustige lewe nie...net so :roll

Please login first in order for you to submit comments